Sirkel: Tygerberg
Tak: Brackenfell
Beriggewer: Lettie van Wyk
Datum: 7 Julie 2016
Riana Ellis, ons sektretaris, en haar spannetjie gasvroue het vir ons ‘n heerlike oggend aangebied waarin ons geleer, gekuier en lekker geëet het.Daar was sop en broodjies op die spyskaart, asook heerlike kolwyntjies. Aangesien dit vakansie is, het ons die kinders genooi om saam te kom kyk wat ons doen en deel te neem. Ons het 10 kinder-kuiergaste gehad wat elke oomblik baie geniet het.
Kyk hoe geniet die kinders hulleself!
Daar is kaartjies gemaak, gebrei en geleer om te weef.
Hier word kaartjies gemaak!
Susan de Villiers (regs met blou trui) besig om die lede te wys hoe om te weef
Besig om kaartjies te maak met Riana (in rooi) se hulp
Thea Wheater het gedemonstreer hoe om te brei met kant en wol en dan hangers daarmee oor te trek.
Thea Wheater (regs) besig om te brei met kant en wol
Riana Ellis het gewys hoe om ‘n koevert te maak uit ‘n foliovel, en ook om ‘n gewone bruin papiersakkie mooi te versier vir ‘n besonderse geskenksakkie.
Weer Riana wat wys hoe dit gedoen word
Ons Kunste en Handvlyt Sameroeper, Sheila Burger, het vooraf vir die lede huiswerk gegee om kaartjies te versier met blomme wat hulle self gepars het. Die mees kreatiewe en mooiste kaartjies is vertoon deur die lede.
‘n Genoeglike oggend wat die ysige koue sommer verdryf het!
Dit was heerlik, almal wat saamgewerk het! Baie dankie, ook vir die heerlike ertjiesop, broodjies en kolwyntjies.