Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Beriggewer: Charlotta van Eeden
Datum: 6 Julie 2016
Die dames van Langebaan-VLV het op Woensdag 6 Julie 2016 bymekaar gekom om te help brei, hekel, vaswerk aan komberse vir die behoeftigdes / minderbevoorregtes.
Dit was ‘n heerlike oggend waartydens daar lekker gesels en gewerk is aan ons winterprojek.
Sop en broodjies is bedien en tee en koffie is gedrink met heerlike soethappies.
Welgedaan dames. Julle gaan beslis ‘n hele paar mense warmer laat slaap hierdie winter.
Leave A Comment