IMG_3381

 

VLVK-president, mev. Karien van Schalkwyk, het Azalea Hof Aftree-oord in Stellenbosch besoek om mev. Sophie Roodt (Hendriks) met ‘n groot bos blomme te verras op haar 100ste verjaarsdag.

 

 

SH

Sophie Hendriks was sekretaris/tesourier/Huis en Haard redakteur vanaf 1972 – 1983.

 

Mev. Roodt beweeg nie meer so maklik nie, maar haar denke is steeds skerp en haar humorsin baie fyn. Sy het die goeie verjaarsdagwense van al die VLVK-lede baie waardeer.