Sirkel: SWD

Tak: Diepkloof

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Anita Fourie

Datum: 29 Junie 2016

 

Lede van die Diepkloof VLV-tak het op Woensdag 29 Junie besoek afgelê by die Groot Brakrivier Polisiestasie se Traumakamer. Lede is deur  Johan van die GPF (Gemeenskapspolisieforum) verwelkom by die skoon en netjiese, pragtig ingerigte, Traumakamer.

 

Johan verduidelik dat sodra ʼn slagoffer van  aanranding, gesinsgeweld, molestering of verkragting by die polisiestasie aanmeld, sy of hy na  die traumakamer gebring word. ʼn Opgeleide berader word gekontak, koffie of tee word aan die slagoffer aangebied, die slagoffer word gekalmeer en beraad, waarna ʼn polisiebeampte  ʼn  verklaring in die privaatheid van die Traumakamer afneem.

 

Elke verkragtingslagoffer word voorsien van ʼn  verkragtingslagofferpakkie, wat sy saamneem na die hospitaal, waar sy deur ʼn geneesheer ondersoek word. Na die ondersoek word  haar broekie as bewysstuk ingeneem. Sy mag haar na die ondersoek gaan was en dit is waarom die polisie  die pakkies voorsien. Sy het dan ʼn  skoon broekie om aan te trek. ʼn Verkragtingslagofferpakkie bestaan uit ʼn ziplocksakkie waarin  ʼn sanitere doekie, broekie, waslap, seep, sneesdoekies, tandepasta en tandeborsel is.

 

VLV2

VLV-lede het benodigdhede geskenk vir die slagofferpakkies

 

Lede is daarna na Tafeltjiedek restaurant waar hulle ingewag is deur sers. Chantelle Marais en van die beraders. ‘n Skyfievertoning wat van sers. Marais se werk en die projekte wat hul in die gemeenskap aanpak om misdaad te probeer bekamp, toelig, is vertoon. Sers. Marais vertel wat haar werk behels en hoe sy fondse bekom het om die Traumakamer so goed in te rig. Die Traumakamer is haar en die  beraders, wie vrywillig diens lewer, se trots.

 

Voorwaar ‘n Traumakamer om op trots te wees.

 

dav

dav