Sirkel: Suid-Ooskus
Tak: Loerie
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Sameroeper: Belinda le Roux
Beriggewer: Hester Marx
Datum: 23 Junie 2016
Dit is oestyd in die Gamtoosvallei; vele variëteite van nartjies, lemoene, suurlemoene.
Op Andrieskraal, aan die bopunt van die vallei, wys Deleen en Rayno du Preez ons hoe dinge in hul pakstoor gedoen word wanneer lemoene gepak word. Die lemoene word gewas, gewaks, droog gemaak, geklas, outomaties in kartonne gepak, op palette gelaai en na die versendingsafdeling geneem.
Mensehande is nog nodig
Slegs lemoene met die korrekte grootte en sonder enige merke kan uitgevoer word. Hierdie uitsoek-lemoene word in kartonne verpak met ‘n logo daarop vir ‘n spesifieke land en/of winkelgroep. Die klas 2 en 3 vrugte word in Suid-Afrika bemark en die heel kleinste vrugte gaan na ‘n sapfabriek.
Die vloere moet ook blink
Pallet met kartonne
Karton lemoene met nodige inligting
Tientalle vragmotors vervoer daagliks duisende kartonne vrugte na die uitvoerhawe in Port Elizabeth, asook plaaslike markte in Suid-Afrika.
Jare gelede sou ‘n boer in hierdie vallei ‘n tuisgemaakte klasmasjien gebruik, elke lemoen toedraai in sagte papier, in spesiale houtkassies pak en per smalspoortrein na Port Elizabeth se hawe stuur.
Na heerlike eetgoed en tee by Deleen se huis, vertrek ons elk met ‘n sak lemoene en baie meer kennis oor die sitrusbedryf in die Gamtoosvallei.
Leave A Comment