Sirkel: Paarl
Tak: Paarl-aand
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: U Engelbrecht
Datum: 23 Junie 2016
Laurinda Hofmeyr, Paarlse sangeres en komponis, het aan die hand van ’n gedig van Ronelda Kamfer, Nag, gedemonstreer hoe sy ’n vers toonset, dit as’t ware musikaal interpreteer. Sy probeer die “musikale lyn” van ’n gedig volg en laat haar lei deur die gevoel en kleur van die woorde. Breyten Breytenbach sê van haar: “Sy sorg vir die teks soos ’n Boedis na ’n gewonde soldaat of ’n blinde vrou sou omsien.” Wat ’n kompliment!
Laurinda se vierde CD Wat ek wou sê is pas vrygestel.
LNR Alta Cloete, Laurinda Hofmeyr, Una Engelbrecht, Lennie Henderson, Hetta van der Merwe (Voorsitter), Petro Boshoff (Saamroeper), Daleen de Jager
Leave A Comment