Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Opvoeding

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 23 Junie 2016

 

Die Opvoedings Portefeulje het hierdie maand in ons plaaslike museum vergader. Karien  Schoeman is ons spreker en ons hang behoorlik aan haar lippe toe sy wegtrek oor “Sandterapie”. Ja, jy het reggehoor. Sy behandel kinders en volwassenes na hul in die sand gespeel het. Na 3-4 sessies kan jy gewoonlik tot ‘n gevolgtrekking kom wat in die pasiënt se lewe of gedagtes aangaan, Deur figure in nat of droë sand te plaas en koppies en hopies te bou, of selfs net patrone te trek met voorwerpe of die vingers, word daardie een se lewe, vrese en probleme weergegee.

 

Met die tyd, soos die person laat gaan of heel word, verander die figure se posisies in die sandbak.

Verskillende figure is beskikbaar om in die sand te plaas en simboliseer sommige gebeure of mense in die een se lewe.

 

Sandterapie word toegepas by mense wat ‘n wantroue in die “woord” het. Dit gee daardie persoon ‘n vry en beskermende ruimte en help as trauma soms te groot is om te verwoord. Soms kan jy nie emosie in woorde omsit nie, maar wel in simbole. Simbole kan ook later gemanipuleer word tydens die helingsproses.

 

Ons het ook aandag gegee aan ons projekte vir die Alzheimer-pasiënte, vir wie ons vroetelkomberse en -voorskote vanaf April maak. Ons projek om mussies/ beanies te brei vir die kankerpasiënte was net so suksesvol en ons kon aan nog ‘n instansie in nood ‘n skenking doen.

Mussies vir kankerpasiënte.

 

Aletta Keyser besig om te beoordeel aan al die suurlemoenbroodjies.

 

 

Wellington is voorwaar ‘n trotse tak .