Sirkel: Weskus
Tak: Citrusdal
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Jolien Mouton
Datum: 22 Junie 2016
Juniemaand se tema is Gesondheid. Die byeenkoms se gasspreker is Danette Nell. Danette is ‘n skoonheidsterapeut van Lambertsbaai wat spesialiseer in THERMAVEIN.
Annette Neethling (Voorsitter), Astrid Basson (Saamroeper-Gesondheid) en Danette Nell
ThermaVein behandel sigbare are wat veroorsaak word deur onder andere sonblootstelling, swangerskap, rook en alkoholinname.
ThermaVein is ‘n unieke behandeling wat veilig en koste-effektief is. Dit is pynloos met geen newe-effekte. ‘n Klein naald so dun soos ‘n haar, prik die lengte van die aar sodat dit geseël word. Die bloed van die aar word natuurlik geabsorbeer deur die liggaam wat die aar onsigbaar maak. Maria Mouton is Danette se proefkonyn tydens die demonstrasie.
Danette Nell en Maria Mouton
Vir ‘n item lees Marlena Latsky vir lede voor uit Dana Snyman se Op die toneel.
Marlena Latsky
Estelle MacGregor lig lede in oor die OVK se doel tydens registrasie vir stem en die verkiesing. Om te kan stem, moet jy geregistreer wees. Slegs SA burgers, wat 16 jaar en ouer is, mag stem. Onthou jou ID boek/ID kaart as jy gaan stem. Die OVK sien toe dat als vlot verloop tydens die verkiesing en dat die uitslae van die verkiesing binne 7 dae beskikbaar is.
Estelle MacGregor
Leave A Comment