Sirkel: Kalahari
Tak: Mimosa
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Erika Linde
Datum: 22 Junie 2016
Madelein Steyn het ‘n heerlike lesing en demonstrasie by Mimosa gegee oor die dek van tafels en tafelversierings.
Sy het 3 verskillende tafels gedek, formeel, informeel en ‘n piekniektafel. Dit het groot byval gevind en almal was baie opgewonde. Sy het hoender op 3 verskillende maniere voorgesit. Vir die formele tafel het sy ‘n voorgereg van hoendersosaties met geurige saadbrood, botter konfyt en slaai voorgesit.
Vir die meer informele tafel het sy ‘n heerlike hoenderslaai bedien. En vir die piekniek, het sy die slaai in bottels geskep in lagies en dit saam met ‘n snytjie saadbrood bedien.
Piekniekslaai
Die informele tafel se hoenderslaai
Sy het ‘n pragtige formele tafel gedek en genoem dat die tafeldoek, tafelversierings en eetgerei kan bydra tot ‘n formele atmosfeer. Sy het ook genoem dat mens eers op die hoogte van die tafel moet let, voordat die tafelversierings gekies word. Daar moet gesorg word dat die tafelversiering se hoogte nie in die gaste se gesigsveld sal wees nie. Detail bepaal dikwels die atmosfeer.
Mens moet rondkyk in jou eie huis vir items wat ‘n mens kan gebruik vir versiering. Sorg moet gegee word dat tafels nie oorvol en te besig is nie. Eenvoudige huishoudelike items kan gebruik word, soos ‘n teepot met vetplanttakkies. Drupbotteltjies, wat by hospitale gebruik word, kan omgedraai word en as versierings gebruik word.
Die nageregtafel, smores!
Houtpalletplankies kan gesaag en geverf word vir plekmatjies. Groepering t.o.v. keur en versierings het baie meer effek as losstaande items. Gebruik wat beskikbaar is. Houtstompe kan gesaag word vir plekmatjies en dun stompies vir bypassende drupmatjies.
Leave A Comment