Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Victoria-Wes

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Elize Perrin

Datum: 11 Junie 2016

 

Na opening is die dames meer ingelig oor wat hulle te doen staan wanneer ‘n geliefde te sterwe kom:  watter dokumente benodig word en wie almal in kennis gestel moet word. Elke dame het ‘n handige lys ontvang waarop persoonlike inligting, sowel as die begrafnisondernemer, nooddienste en ander belanghebbendes se inligting aangedui kan word.  Dit is ‘n goeie idee om so ’n voltooide lys ook aan ‘n naasbestaande beskikbaar te stel.

 

Inligting is ook deurgegee van ‘n nuwe besigheid op die dorp.  Hulle spesialiseer in sekuriteitstoerusting en installeer onder andere alarms.

 

Die spreker vir die oggend was me. Contessa Kruger, lid van die dorp se Sosio-Ekonomiese Forum. Haar onderwerp was Toerisme in Victoria-Wes.  Dit is duidelik dat toerisme nie net die gastehuise of koffiewinkels raak nie, maar die hele gemeenskap.  Sy het ook gewys op die potensiaal waaroor Victoria-Wes beskik en vertel van verskeie projekte wat tans aandag geniet.  Dit was ‘n interessante, interaktiewe sessie waaraan die dames met vrymoedigheid kon deelneem.

 

vicwes foto  Contessa Kruger

 

Nadat tee en verversings geniet is, is die res van die sake op die agenda bespreek.