Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Erika Kotzé

Datum: 9 Junie 2016

 

Nieuwoudtville-VLV se Opvoeding en Kultuur portefeulje het op 9 Junie 2016 die museum op Calvinia besoek.

 

Daar het die kurator, Memci van Wyk, ons verwelkom en op ‘n begeleide toer geneem. Memci doen goeie werk en is geweldig passievol oor die museum en verdere uitbreidings gaan nog gedoen word.

 

Betsie Vollgraaff en haar span het baie moeite gedoen om die uitstappie te reël en lekker eetgoed gehad.

 

Die ou Joodse sinagoge,  gebou in 1920 in Art Deco boustyl, is in die middel sestigerjare deur die Calvinia Jode aan die dorp geskenk en tot museum verander.  Die museum het in 1973 Provinsiale status ontvang en is die tweede grootste museum in die Noord-Kaap en verrassend groot en interessant vir so ‘n klein dorpie.

 

Dit is die moeite werd om te besoek omdat daar baie geskiedenis, boerdery- en kultuuruitstallings oor grense heen is. Daar is heelwat Victoriaanse items, asook baie van die Lombard vierling, ‘n groot stoomlokomotief en Ngozi wa.

 

Vir meer inligting kontak vir Memci 0273411043 of [email protected]  of via die webwerf www.calviniamuseum.co.za.

 

Die lede het ook vinnig ‘n besoekie afgelê by Rustic Art.

 

Die lede het deelgeneem aan die volgende takkompetisies: ‘n foto van ‘n winterboom, dit is ‘n bladwisselende boom sonder blare, in swart en wit; ‘n terrarium;   deurstop van klip; brandy snaps en pynappelblatjang.