Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Alta Britz
Datum: 9 Junie 2016
Filmresensent, Leon van Nierop, gee 9 uit 10 vir Modder en Bloed!
Sarie Wolmarans, Sameroeper van Kunste en Handvlyt en Esther Griessel
Modder en Bloed is op die plaas van Handré en Esther Griessel te Worcester geskiet. Esther vertel dat Sean Els, regisseur, haar op ‘n Saterdagmiddag gekontak het om na hul kampplek, Kranskop, te gaan kyk. Dit was die presiese omgewing wat hy gesoek het om die betrokke film te maak. Die storie speel af in die tyd van die Boereoorlog en handel oor krygsgevangenes op St Helena eiland.
Na agt weke op hul plaas,en in en om die huis, is ‘n hegte vriendskapsband tussen hulle en die span gesmee. Dit was vir hulle as gesin ‘n voorreg om te sien hoe die storie ‘n werklikheid word en wat alles gedoen word om reg te laat geskied aan hierdie verhaal. In woeste weersomstandighede het die filmspan uitgehou en aangehou!! Plaaslike inwoners is vir byspelers gebruik.
Esther sê sy sal nooit weer ‘n fliekkaartjie koop sonder om te besef hoeveel ure se geduld en opoffering nodig is om ‘n fliek te maak nie.
Esther Griessel en haar kinders in die “konsentrasiekamp”
As deel van die tak se armoedeprojek is 87 serpe en 31 musse vir die kleuters van die El-Shammah Kibbutz crèche geskenk. Legkaarte, speelgoed, tydskrifte en skryfbehoeftes is geskenk. In die skool is eenhonderd-en-twintig kleuters. Natalie Strydom, hoof van die kleuterskool en 7 van die kleuters het die vergadering bygewoon om die items in ontvangs te neem. Die kleuters het ‘n paar sangitems gelewer.
Martina Fouche saam met Natalie Strydom, Rosilene Jonkers en kleuters van die Kibbutz crèche
Erena van de Venter het in 1983 as maatskaplike werker die gevolge van bendegeweld in die woonstelblokke van Roodewal raakgesien. Met hulp het sy die Kibbutz tot stand gebring. Verskillende projekte word daar aangebied.
Sarie Wolmarans, sameroeper van Kunste en Handvlyt demonstreer waterverf spatwerk
Kya Swart, lid van die tak, demonstreer hoe om ‘n landskap te skilder
Leave A Comment