Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Mia Louw

Datum: 8 Junie 2016

 

ItemGod se Apteek: boek deur Herman Uys

m1

Borrie

Een van die beste antioksidante en reinig alle stelsels in jou liggaam.

½ t soggens rondom10 uur en middae nie later as 3 uur nie. Energievlakke hoogte laat inskiet!

Baie sterk anti-inflammatories – verlig artritis

Verbeter spysvertering

Maak jou lewer skoon

8 x sterker antioksidant as Vit E en Vit C

Een van die beste anti-kankers – stimuleer insulien uitskeiding van jou pankreas (enige kankersel moet eers by jou pankreas toestemming kry voor hy kan vermeerder.

Help vir vel allergie – herstel beskadigde vel en psoriase

Natuurlike antiseptiese middel – kan poeier oor ‘n sny sprinkel, versnel genesing.

Verlaag Cholesterol en beheer diabetes.

Onthou: kan lei tot lae bloeddruk, nie gebruik as jy swanger is nie, kan refluks veroorsaak in erge sooibrandleiers, staak gebruik voor ‘n operasie – kan bloeding verhoog.

m2

Rooi Peper

Bloedreiniger, stimuleer bloedsirkulasie, verminder sinusitis, verlaag hoë bloeddruk (1t,  3 x per dag in 1 glas warm suurlemoen water)

Voorkom hartaanvalle: maak bloedvate oop, reinig aarwande, werk cholesterol teen, reguleer hartklop.

Sterk alkali – los uriensuur in are op, help met ghout & artritis.

Wat van ½ t Rooipeper en ½ t Borrie in Suurlemoenwater.

Of ‘n Borrie Lattè – ook genoem “Liquid Gold”

http://kaleandchocolate.com/recipe/creamy-turmeric-latte/

 

Spreker: Hannes Steyn – Ortotis en Prototis

Voete en Voetkwale

Is dit ons skuld?

Verkeerde skoene lei na ‘n groot aantal voetprobleme:

  • Bunion, Bunionette
  • Mortons Neuroom
  • Hammertone
  • Eelte
  • Kniepyn
  • Enkelpyn
  • Metatarsalgie
  • Achillespyn

Metatarsalgie:

Die probleem: pyn in die bal van die voorvoet, eelte vorm, weens dwars-brug uitsakking.

Die behandeling: sagte skoene, binnesole met metatarsale wig.

Plat voete:

Die probleem: veroorsaak pyn in enkel, pronasie in enkel, kniepyn, plantare fasiitis.

Die behandeling: binnesole met goeie brugondersteuning.

Plantare Fasiitis:

Die probleem: Gebeur a.g.v. brug wat sak, veroorsaak pyn in hak (veral in die oggend)

Die behandeling: brugondersteuning, sagte hak vir simptomatiese verligting.

 

Hannes het ‘n hele vloed van vrae beantwoord en ook gratis konsultasies vir VLV-lede aangebied.

Hannes Steyn Orthopaedics, Malmesbury.

Phone: 0827718839

[email protected]

 

Junie 2016 A

Miwette Basson, Gesondheidsameroeper saam met Hannes Steyn, spreker

 

Lizette Lewis en Pick ‘n Pay het ‘n vars produkte marktafel vir ons tak gehou.

VLV Junie 2016 Collage