Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Erika Lubbe

Datum: 8 Junie 2016

 

Nr. 1 gasvrouens vlnr Marelize de Villiers en Nadia Muller

V.l.n.r. Die twee gasvroue vir die dag: Marelize de Villiers en Nadia Muller

 

Nadia Muller, Taksaamroeper van Openbare Sake, het met die nege tipes regte van die WET OP VERBRUIKERSBESKERMING EN REGULASIES No. 68 van 2008 die lede bemagtig om op die uitkyk te wees vir bedrieglike skemas en aanbiedinge; ongevraagde dienste en goedere; vals, misleidende of bedrieglike voorstellings; onredelike kontrakte en vele meer.

 

Die Wet is van toepassing op elke transaksie wat in Suid-Afrika plaasvind en die lewering van alle goedere en dienste wat voortvloei uit transaksies. Die Wet beskerm gewone- sowel as regs-persone.

 

Die grootste deel van die Wet word gewy aan die uitspel van sekere verbruikersregte. Die nege tipes regte gelys waarop verbruikers kan aanspraak maak:

 

  1. Reg van gelykheid in die verbruikersmark – bied beskerming teen diskriminerende bemarking.
  2. Verbruiker se reg tot privaatheid – die reg om ongewenste direkte bemarking te beperk.
  3. Verbruiker se reg om te kies – die verskaffers van keuse uit te soek; die verbruiker se reg op die teruggee van goedere.
  4. Reg op blootlegging en inligting – vereis dat die inligting in gewone verstaanbare taal moet wees.
  5. Reg op billike en verantwoordelike bemarking. Daar is algemene standaarde vir bemarking, bv. lok-aas bemarking, direkte bemarking, katalogus bemarking, handelskoepons of klandisie lojaliteitsprogramme.
  6. Reg op billike en eerlike verhandeling teen gewetenlose gedrag; vals, misleidende of bedrieglike voorstellings; bedrieglike skemas of aanbiedinge; oorverkoping of oorbespreking.
  7. Reg op eerlike, billike en regverdige terme van voorwaardes – spreek verbode transaksies en ooreenkomste aan.
  8. Reg op billike waarde, goeie gehalte en veiligheid – die reg om gehalte diens van goedere te eis.
  9. Verskaffer se verantwoordelikheid aan verbruikers – sluit ook bêre-koop in.

 

Riza Coetzee se onderwerp handel oor: Inkleur vir volwassenes. Sy lig haar praatjie toe met verskillende soorte prente wat syself ingekleur het. Sy demonstreer die verskillende soort inkleurpotlode wat sy gebruik: Polychromos kleurpotlode van Faber Castel en ook potlode met ‘n  driehoekige vorm.

 

Visevoorsitter, Karen Greyling,  gee o.a. die volgende wenke:

  • Sit ‘n wasgoedmandjie in jou kattebak om te keer dat jou kruideniersware uitval en rondrol terwyl jy bestuur. Dit maak dit ook makliker om alles by die huis af te laai.

  • Haak ‘n stortgordyn se ringe aan ‘n hanger en ryg jou serpe deur die ringe sodat dit nie kan kreukel nie.

 

Nr. 2 spreker vlnr Riza Coetzee en Openbare Sake spreker Nadia Muller

V.l.n.r.  Riza Coetzee, spreker oor die onderwerp: Inkleur vir Volwassenes en Nadia Muller, Saamroeper van Openbare Sake, wat gepraat het oor die Wet oor Verbruikersbeskerming.