Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 6 Junie 2016

 

Goodwood se lede het fluks aan lekker warm en snoesige bykomstighede by die skooluniform van Filiaskool gebrei.  Filia is ‘n skool in ons gemeenskap wat vir kinders met spesiale behoeftes voorsiening maak.

 

Daar is tans 192 leerlinge en dit het ons harte warm gemaak om die dankbaarheid van die leerders, om hierdie “luukses” te ontvang, te ervaar.

 

Ons kon tydens die saalopening 55 musse, 80 kopbande, 45 pare handskoene en 100 serpe oorhandig.

P1040162

Op Goodwood se lede kan staat gemaak word!