Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum: 3 Junie 2016
Ons het weer Pik en Proe gehou of soos mense sê “on public demand”, weer die verskillende lande met hul kosse pragtig uitgebeeld. Elke portefeulje het ‘n land verteenwoordig.
Gesondheid: Argentinië
Hul stalletjie was versier met Argentinië se vlag en hulle het Empanadas met Chimmichury sous en kabobs met ‘n broodjie voorgesit, wat heerlik was.
Kunste en Handvlyt: Suid-Afrilka
Hulle het kerrie-afval, wat altyd gewild is, bobotie, wildsvleis, stampmielies en mosselsop met croutons te koop gehad.
Alles was voortreflik.
Leefstyl: Frankryk
talletjie mooi versier met prente van die Eifeltoring, ens. Hulle het klein pannekoekies met ‘n hoendervulsel en ‘n quiche met slaai aangebied. Dit was baie lekker.
Landbou & Tuinbou: China
Hul stalletjie het ook baie mooi gelyk en daar was “fried rice,” soet en suur varkvleis, hoender chow mein en soesji.
Ek hoef mos niks verder te sê nie.
Openbare Sake
Hulle het die heerlike tafel gehad – die nageregte van die verskillende lande.
Opvoeding en Kultuur: Engeland
Met heerlike vis en skyfies. Die stalletjies was ook baie mooi versier met ‘n Engelse vlag.
‘n Tydelike dranklisensie en Darling Kelders het die atmosfeer mooi ingekleur. Kallie Calitz het die musiek verskaf. Party het dit so geniet dat dit later tot ‘n dansery gelei het. Dit was vir almal ‘n baie aangename aand!
Nou sien ons alweer uit na volgende jaar se Pik en Proe!
Leave A Comment