Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  2 Junie 2016

 

Denvor Phokaners, aanbieder van die TV-program, Mooiloop, en die tegniese span besoek die Tak om ‘n opname te doen.  Hy woon die vergadering by en neem foto’s en voer ook onderhoude met die spreker, Wilmien Smuts, die Voorsitter en van die lede.

2

1

Wilmien Smuts, opgeleide sjef en verbonde aan ‘n restaurant by Pearl Valley demonstreer maak van botterskorsiesop en deel interessanthede uit haar ondervinding as sjef, asook wenke oor etiket in ‘n restaurant.

 

Wenke vir botterskorsiesop:  Bak die botterskorsie vooraf tot gaar – dit skep dan baie maklik uit die skil.  Gebruik Coconut  Cream in plaas van room.  Dit sal nie die sop laat  skif nie.

 

Ervarings en etiket in ‘n restaurant:

  • Die grootste verleentheid vir ‘n restaurant is as daar klagte oor diens is of iets vreemds op die kosbord beland.
  • Diens aan kliënte is baie belangrik en personeel moet gasvry wees.
  • Indien kinders steurend is, kan die bestuurder genader word om die saak te hanteer. Moet dit nie self doen nie.
  • Bespreek by ‘n restaurant volgens die keuse van die gaste se ouderdom en keuse van kosvoorkeure.
  • Maak dus seker dat die restaurant kindervriendelik is en aktiwiteite vir kinders het as dit die behoefte van jou gaste is.
  • Indien dit ‘n meer formele ete is, maak ‘n bespreking en maak seker dat jy betyds is. Restaurante laat gewoonlik ‘n 30 minute grasie toe voordat die tafel gekanselleer word.  Moenie die bespreking te laat maak nie, verkieslik nie later as 20:00 nie.
  • Trek volgens die kleredragkode van die restaurant aan, anders sal jy ongemaklik voel.
  • Moenie jou selfoon in ‘n restaurant uithaal nie. Dit breek die gevoel van kommunikasie met jou gaste.
  • Bestel wyn waarvan jy hou – nie noodwendig wit wyn saam met wit vleis en rooi wyn saam met rooi vleis nie.
  • Maak seker dat jy seker is watter wyn jy bestel en dat jy daarvan sal hou. Die kelder wys nie die bottel wyn dat jy moet kyk of die etiket reg is nie – dit is eintlik om die temperatuur van die wyn te voel.

 

Etiketneigings:  Min gaste is bekend met die nuutste neigings.

  • So is ‘n vismes en –vurk nie meer mode nie.
  • ‘n Sopbakkie moet opgetel word wanneer jy die sop eet.
  • Plaas die mes en vurk langs mekaar in die 6 uur-posisie om aan te dui dat jy klaar geëet is.
  • Moenie borde opstapel en dink jy help die kelner nie.
  • Koffie word na die nagereg bedien en nie saam met dit nie. Moenie haastig raak om klaar te kry nie.
  • Fooitjie van 10% word dikwels reeds op rekening bygevoeg. Dit is egter nie verpligtend nie, hoewel dit waardeer word.  Die fooitjie kan ook verhoog word as die diens uitstekend was!