Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer:  Charlotta van Eeden

Datum: 1 Junie 2016

 

Tema:  “Black & Bling”

 

Ons word die volgende gewys: 5 plooie minder in 15 minute, 5 kg ligter in 15 minute en 5 jaar jonger in 15 minute.

 

008

Dalena van der Vyfer en Joey Viljoen (Sameroeper van Leefstyl)

 

Dalena van der Vyver praat met ons oor ons kleredrag. “There is no reality, only perception”.

Stylwette:

1) Ons skep ‘n illusie;

2) Balans, balans, balans;

3) As iets nie meer mooi is nie, maak ons dit toe (steek dit weg).

 

Styltipes:

1) Klassiek, getailleer;

2) Romanties;

3) Natuurlik, sportief.

 

Hoe lyk ek 5 kg ligter:

1)        Rokke, rompe en kortbroeke:   Op of net onder die knie. Nie te styf nie.

2)        Langbroeke: Pype nie te wyd as van stywe materiaal. Nie te hoog by middellyf. Lengte van broek tot op skoen se hak (waarin jou voet is) mag nie wys nie. Kortbene – geen “turn ups” nie.

3)        Bloese: Moue nie te wyd en te lank nie.  Enige bloes of baadjie: nie langer as jou hand as dit in ‘n vuis gevou is nie.

4)        Jasse: Nie te groot sakke, kort jasse nie laer as knie nie. Enkel ry knope, lyfband wat middellyf definieer.

5)        Kouse: Donker kleur, dieselfde as skoen.

6)        Skoene: Nie ligter as naaste kledingstuk.

 

Om maerder te lyk:

1)        Goeie vormdrag.

2)        Donker jeans met regaf pype.

3)        Nie te oorgroot bloese, truie, baadjies en jasse.

4)        Dra donker kleure.

5)        Rompe – knielengte (potloodromp die beste of A-lyn as groot heupe).

6)        Opaque kouse in die winter saam met romp.

7)        Klere moet pas, nie te styf nie en ook nie te oorgroot nie.

8)        Skoene: laag uitgesny (verleng bene), hakke en effens gepunte tone.

9)        Monochroom: hele uitrusting in dieselfde kleur (wissel teksture).

10)      Vermy breë plooie, groot sakke en breë lyfbande.

11)      Dun lyfband: “Box” klere is jou grootste fout.

12)      Beklemtoon gesig: Oorbelle, juwele kan groot en bonkig wees, serpe,

hoed en sonbril. GLIMLAG.

 

Oppas jy kan die illusie skep dat jy 5 kg swaarder is:

1)        Deurskynende of groot oppervlaktes blink;

2)        Rok, romp wat te kort is of te styf pas;

3)        Spaghettibandjies (maak toe wat nie meer mooi is nie);

4)        Nie te bont, te groot patrone, blokke of strepe nie;

5)        Nie te plat skoene by rompe/rokke nie.

6)        Ligte kleure op dele van jou lyf wat jy wil wegsteek.

 

Pilare van jou kas:

1)        Baadjie;

2)        Wit bostuk;

3)        Jean en of swart langbroek;

4)        LBD (little black dress) of romp;

5)        Jas;

6)        Oopknoop trui;

7)        Serp en sonbril.

Dit is die “magnificent seven”.

 

70% van jou klerekas moet bostukke wees.

30% van jou klerekas moet onderstukke wees (langbroeke, rompe en kortbroeke).

 

60% van jou klerekas kan kleur hê (effe, bont en strepe).

40% van jou klerekas moet basiese, effe kleure wees.

 

Nuwe aankope:  Vra jouself:  Kan ek dit in 3 uitrustings gebruik?

 

Monique de Villiers van Hair Unlimited praat met ons oor hare.

Grys hare is groot mode. Selfs strepies in jou grys hare is ook mooi.

Haarverlies kan voorkom weens familiegeskiedenis of hormone.

Vitamine vir hare is foliensuur.

Ideale gesigvorm is die ovaaltipe.

Ovaal gesigvorm kan enige tipe style dra.

Vierkantige gesigvorm moet haarstyl verkieslik langer dra.

Hartvormige gesigvorm moet haarstyl in lae gesny van onder ore dra.

Gebruik liewer professionele produkte vir ‘n beter resultaat.

Gebruik gerus Hannon produkte wat gemaak is vir die SA klimaat en bekostigbaar is.

 

017

 

Monique de Villiers word bedank deur Dalena van der Vyver

 

Donna Wiese van die Beauty Spot praat met ons oor grimering en velsorg.

Daar is 4 verskillende veltipes nl.: droog, sensitief, olierig en kombinasie.

Drink ten minste 8 glase water per dag;

Vermy te veel kafeïen;

Moet nie te veel alkohol inneem nie;

Reinig en gebruik tonikum 2 maal per dag;

Gebruik nagroom met AHA (Alfa hydroxy acid); Masker 2 maal per week; Serum en oogroom daagliks; Daagliks sonblok met SBF 15.

 

Wenkbroue is die vensters van die gesig.

‘n Blink vel lyk altyd gesonder en jonger.

Vermy poeier onderlaag.

Vermy té pienk of rooi blosser.

Krul jou wimpers.

Moenie maskara langer as 3 maande gebruik nie of as dit dik raak nie.

Lipstiffie – vermy donker kleure of “matt” lipstiffie.

Sit altyd jou onderlaag met ‘n kwas aan.

 

018

 

Donna Wiese van Beauty Spot word bedank deur Dalena van der Vyver