Sirkel:  Weskus

Tak:  Moorreesburg

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Martelize Britz

Datum: 1 Junie 2016

 

Die dames is vermaak deur Helena Cromie se voordrag van ‘n stuk van Dot Serfontein.  Sy het dit uit haar kop en met baie meelewing gedoen en die gehoor was gepas verstom!

 

Helena Cromie (klein)

Helena Cromie

 

Die spreker was Zandré de Villiers.  Sy het ‘n baie bemoedigende boodskap gebring.  Twee van haar kinders is dood in ‘n motorongeluk op 14 Julie 2010 en sy het die impak wat dit op hul gesin gehad het kom deel.

 

Sy het eerstens haar “gereedskap” met die gehoor gedeel.  “Gee jou pakkie (probleme) vir die Here.” “Salf jou huis”. “Nooi die Heilige Gees binne en jaag die Bose weg”.  Volgens haar is die geveg nie teen vlees en bloed nie, maar teen die Bose.

 

Sy het vertel dat daar kalmte en ‘n bomenslike vrede by haar was na die nuus van die ongeluk.  Hulle het gekies om hulle nie te laat onderkry deur hulle bekommernisse nie, maar om op te staan.  Te fokus op wat hulle het, nie wat hulle nie het nie.  Sy het die dames aangemoedig om die lewe te kies.  Jou omstandighede swaai dikwels na iets positief.  Doen iets positief.  “Laat Sy wil geskied.”

 

Haar dogter, Zanmaré, het ‘n week voor die ongeluk ‘n klein prentjie geteken van die ryskool waar sy eindelik begrawe is. Zandré het die dames aangespoor om so gereeld as moontlik op hul eie nagmaal te gebruik.

 

Sy en haar man, Albert, het ‘n boek geskryf oor die gebeure, “Ek glo nie, Ek WEET”.

 

Ten laaste het sy ‘n gebed gedoen vir reën asook die simboliese oorgee van bekommernisse.

 

‘n Ware inspirasie was sy.

 

Wilma Kotzé en Zandré de Villiers

Wilma Kotzé en Zandré de Villiers

 

Denise Bester en Hurita Visser  1 Junie 2016  (klein)

Denise Bester en Hurita Visser