Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Elize Locke
Datum: 31 Mei 2016
Jukskei het spontaan ontstaan uit die behoefte tot ontspanning vir die Dragonders toe Goewerneur Jan de la Fontaine die Fort de Rietvallei aan die Buffeljagtrivier gestig het in ongeveer 1734. Hulle het jukskeie en houtstompe na ‘n voorwerp in die grond gegooi. So vertel Hans de Bruin, voorsitter van die Gouritsmond Jukskeiklub.

Hans de Bruin
Die spel is uitgebrei deur veral die transportryers wat by groot uitspanplekke jukskei tot ‘n georganiseerde spel ontwikkel het. Die eerste amptelike wedstryd vind op 4 November 1939 op die plaas Keerweder plaas, tussen die KWV en Keerweder se spanne.
Ses spanne van VLV-Voëlvlei sê mekaar die stryd aan by die plaaslike jukskeisandputte op ‘n snikhete herfsdag in Gouritsmond. Vir die meeste dames is hierdie ‘n eerste keer. Onder leiding van Kobie en Hans de Bruin word die wenners bepaal deur 3 uitklop rondtes te speel. Die Jolly Jukkers word gekroon as die algehele wenners. Die Hartskokke is beloon vir hul goeie gees en die Sexy Suzies wen die prys vir die oorspronklikste uitrustings! Min dames sal hulself so opdollie vir jukskei!

Ada Gericke, Dania vd Walt, Tineke Reinink
Elize Pienaar van die Sexy Suzies
Chrisilda van Rensburg, Reneè Zaayman en Marie van Rensburg van die Ke-tjiengs
Mariaan Deerans van die Pienk Ladies
Best Dressed – Sexy Suzies – Vivienne Pauw, Ina van Zyl, Elize Pienaar, Reeva Pienaar
Die middag word afgesluit deur Hans de Bruin wat ‘n grappige staaltjie vertel.

Wenners – Jolly Jukkers – Elmarie Engelbrecht, Christine Beytel, Betsie Muller en Kate Prinsloo
Beste gees – Hartskokke – Sandra Nolte, Freda Menderoi, Annalene Booysen Johlene Muller
Leave A Comment