Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Victoria-Wes

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  31 Mei 2016

 

Die Riebeeck Vallei Rugbyweek het vanaf 20-23 Maart plaasgevind. ‘n Boorling van Victoria-Wes, JG de Bruyn, het ook aan die toernooi deelgeneem. Na afloop van die geleentheid is ‘n o/13 Riebeeck Vallei uitnodigingspan gekies en JG is by die span ingesluit.

 

Die plaaslike VLV-tak het besluit om aan JG ‘n donasie te maak, wat vir genoemde toer aangewend kan word.  Die VLV het in 2008 ‘n Talentfonds gestig om talentvolle leerders te ondersteun.  Die donasie is einde Mei aan JG se  ma oorhandig.

 

Hierdie talentvolle seuns word die geleentheid gebied om vanaf 27 September tot 6 Oktober na Ierland te toer. Daar sal hulle die geleentheid hê om teen van die beste 0/13 rugbyspanne in Ierland mee te ding.  ‘n Groep van 25 seuns en 3 afrigters sal die toer meemaak.

 

JG

JG de Bruyn, middel, saam met twee spanmaats