Sirkel: Kalahari

Beriggewer: Nellie Viljoen  [email protected]

Datum:  27 Mei 2016

 

Sirkel Kalahari het ‘n suksesvolle inligtingsdag aangebied in Vryburg. Lede en kundiges uit die omgewing het belangrike punte uitgelig oor alle kompetisies waaraan lede in die komende jaar sal werk.

 

Die dag het saamgeval met Tekkie Tax dag en lede het opgedaag met hul tekkies. Geld is ingesamel en sal oorhandig word aan Caritas.

 

aanbieders - Copy

Tersia Grobler (Sirkelpresident), Hettie du Plessis, Doris Linde, Lida Theron, Adila Theunissen en Margo du Plessis. Agter: Alta Roets, Jaygé Carstens, Eurika Byleveld en Esta Twigge was van die aanbieders

 

Tekkie Tax dag - Copy

Lede pronk met hul tekkies

kloskant - Copy

Voorbeeld van kloskant

Tersia Mariette - Copy

Tersia Grobler oorhandig ‘n donasie namens Sirkel Kalahari aan Mariëtte van Caritas