Sirkel: Kalahari

Tak: Mimosa

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Erika Linde

Datum: 26 Mei 2016

 

Ds.Willem Vermaak spreek die dames toe oor ‘n gesonde selfbeeld.

 

Hoe sien ons onsself? Is ons nog onder die juk van ‘n lae selfbeeld wat dalk van jou kinderdae af kom, of sien ons onsself soos die Here ons sien? Soms kry kinders ‘n bynaam wat seermaak, of dalk wou die ouers ‘n ander geslag gehad het! Kon jy voldoen aan eise wat jou gestel is sedert kinderjare? Mens word taalloos gebore en kyk dikwels meer met die hart as met die oog. En dit hang af deur watter bril ons na onsself kyk! Ouers en onderwysers kleur dikwels die bril in en dan kyk ons daardeur na onsself wat nie noodwendig die ware prentjie is. Identiteit kom van binne, nie van buite.

 

Gelukkig sien die Here ons nie soos mense ons sien nie. In Gen 1;26-28 word die mens geskep na God se beeld. En daarom sien Hy ons as deel van homself. Daarom moet ons waag om Sy bril op te sit van Liefde en Enbarming. Dit sal ons instaat stel om Sy beeld op die aarde te verheerlik en ons volle potensiaal te leef.

 

IMG_0771

Ds. Willem Vermaak en Biffie de Wet, Sameroeper vir Opvoeding en Kultuur