Sirkel: Weskus
Beriggewer: Nicoline Brown
Datum: 25 Mei 2016
Ongeveer 70 VLV-lede het op Woensdag, 25 Mei, Sirkel Weskus se demonstrasiedag in Moorreesburg bygewoon. Interessante praatjies/wenke en demonstrasies van die VLVK-kompetisies vir 2017 is gehou.
Vir die kloskant moes dames speldjies, pennetjies, DMC-gare en ‘n stukkie “foamalite” saambring. Sodoende het hulle dan in ‘n praktiese werksessie die tegnieke van kloskant geleer. Dames van die kloskantgilde van Kaapstad het die demonstrasie aangebied.
Kloskant
In die Kunste en Handvlytafdeling is fotografie, Tokreen en Quilling gedemonstreer en die voltooide artikels is vertoon.
Lede geniet Pamela Jones by die fotografie
Alta Vos demonstreer Tokreen
Lynette Visser demonstreer Quilling
Hekel-, brei-, borduur- en masjienwerkwenke is deur mev. Elizabeth Cloete (Koekedoor-faam) gegee.
Mev. E. Cloete gee wenke vir die Mandalekussing
Lede kon patrone uitruil, vrae vra en het dit baie geniet om raad met mekaar te deel.
Heerlike verversings is deur elke tak teenwoordig voorsien, en Moorreesburg-tak het heerlike sop vir middagete voorgesit.
Almal is dit eens dat die dag baie leersaam was en sien met verwagting uit na 2017 se demo’s!
Demonstreerders
Leave A Comment