Sirkel: Kalahari
Tak: Mimosa
Beriggewer: Erika Linde
Datum: 26 Mei 2016
Dames van Mimosa het die stowwerige straatjies van Louwna aangedurf om ook hul bydrae te lewer met die WBPV se Woman Walk The World. Hulle het gestap na die plaaslike skooltjie op Louwna waar daar tans 140 leerders is. Hulle het die boodskap van die Wêreldbond vir Plattelandse Vroue met die dogters gedeel. Biffie de Wet het vertel dat een enkele tandestokkie maklik middeldeur gebreek kan word, terwyl ‘n hele bossie tandestokkies nie gebreek kan word nie. Sy het genoem dat almal hande moet vat en saam vorentoe moet gaan om ons toekoms en land ‘n beter plek te maak.
Na die praatjie het die dames van Mimosa vir elke kind ‘n heerlike stukkie versierde pankoek gegee. Die kinders was baie opgewonde en bly.
Die dames van Mimosa wat deelgeneem het aan Woman Walk The World
Dames van Mimosa wat met die plaaslike skool se leerders praat oor die WBPV
‘n Lekker stukkie koek vir die leerders
Leave A Comment