Sirkel: SWD

Tak: Diepkloof

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Anita Fourie

Datum: 25 Mei 2016

 

Mev. Cora Rautenbach, van Options Care Centre George, het lede op Woensdag, 25 Mei, toegespreek en hul ingelig omtrent die werksaamhede van die organisasie.

 

Die hoofdoel van Options is om leiding en ondersteuning te bied aan jeugdiges  en hul gesinne wat ʼn swangerskap of HIV-krisis in die gesig staar. Berading en inligting word verskaf omtrent aborsie, aanneming,  ouerskap, voor-geboorte opvoeding en jeug. Gratis swangerskaptoetse word gedoen, aborsie- en miskraamberading.  HIV-toets en berading, inligting word verskaf  en ondersteuningsgroepe is op die been gebring.

 

Options gee opleiding aan die jeug en bemagtig die jeug. Hulle is betrokke by  werkskeppingsprojeke wat Options administreer. Options werk baie nou saam met maatskaplike dienste.  Daar is takke reg deur Suid Afrika, in die Suid-Kaap alleen is daar takke in Mosselbaai, Knysna, Plettenbergbaai, Oudtshoorn en Ladysmith.   Kursusse wat aangebied word is: Level one, Equipped to serve, Romance academy, Sexual Integrity, Shine, HIV/AIDS Care and Education,  Parenting.  Options George se kantoor  is geleë  te Yorkstr 122.

 

options

LNR Marietjie Terblanch (Sameroeper Opvoeding en Kultuur), saam met Cora Rautenbach van Options Care Centre