Sirkel: Weskus
Tak: Citrusdal
Beriggewer: Jolien Mouton
Datum: 21 Mei 2016
Lede hou ‘n kuieroggend saam met vriendinne om die tak se 85ste verjaarsdag te vier. Ina Strydom, die tak se erelid wat 84 jaar oud is, steek die verjaarsdagkers aan.
Ina Strydom, erelid en Annette Neethling, Voorsitter
Roelof Oosthuizen, eienaar van Roelof Oosthuizen Ingelyf, die plaaslike rekenmeesters, vertel lede die verskil tussen ‘n balanstaat – staat van bates en laste op ‘n gegewe datum en ‘n inkomstestaat – inkomste en uitgawes oor ‘n tydperk. Jy as vrou kan betrokke raak in die proses deur verantwoordelik te wees vir die invoer van inkomste en uitgawes op rekenaar; doen die admin van lone; sorg dat daar voldoende kommunikasie tussen die rekenmeester, bank en kredietverskaffers is; sorg dat dokumentasie betyds en volledig by rekenmeester ingehandig word.
Roelof Oosthuizen
Weskus Kollege se koor sing vir lede twee liedjies.
Weskus Kollege Koor
Lizette van der Merwe demonstreer ‘n eiervruggereg. Skil slegs ‘n eiervrug af as dit in ‘n bredie gebruik word. Sout slegs ‘n eiervrug as dit te oud is. Kruie en tamaties komplimenteer ‘n eiervrug.
Lizette van der Merwe
Jolanda Basson van die Sandveldhuisie demonstreer ‘n kopband van T-hemp materiaal.
Jolanda Basson
Astrid Basson vertel wat is VLV. VLV is tweetalig; dis ‘n vriendskap tussen lede; lede leer nuwe idees; lekker uitstappies; omgee en hulp aan ander in nood.
Astrid Basson
Lede sluit die oggend af met ‘n heerlike koppie tee.
Leave A Comment