Sirkel: NOK

Tak: Queenstown

Studierigting: Gesondheid

Aanbieder: Retha Peens

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 20 Mei  2016

 

Queenstown-tak het 6 maande gelede ‘n drieling-dogtertjies ryker geword d.m.v. in vitro-bevrugting.

 

DSCN2989

Die drieling op hul “verhoog”, met gehekelde kappies deur ouma Antjie.

 

Anel Corbett het van hulle pad met die swangerskap vertel, terwyl haar man, Marius, ‘n skyfievertoning gewys het van die swangerskap en geboorte.  Die drieling het in hul stoeltjies gesit en ook aandagtig geluister.  Ouboet Leon wat ook d.m.v. in vitro gebore is, was ook teenwoordig.

 

DSCN2993

Voor sit Sirkelpresident Antoinette van Pletzen en Takvoorsitter Retha Peens. Agter Marius Corbett met Leon, Ouma Antjie Corbett, Anel Corbett, en Ouma Estelle

 

Apteker Gill Mager het inligting gegee oor gehoorapparate en die funksionaliteit daarvan. Die blinde Helen Keller het gesê: As jy nie kan sien nie, is jy van DINGE afgesluit. Maar as jy nie kan hoor nie, is jy van MENSE afgesluit. Nie almal wil erken hulle het gehoorprobleme nie, want daar is stigmas daaraan verbonde. Elke pasiënt moet erken dat daar wel ‘n probleem is, voordat die gehoorapparate met selfvertroue aangewend kan word. Verskillende apparate is gewys  –  die kleinste apparate is nie noodwendig die mees praktiese nie. Vrae oor kogliêre inplantings is beantwoord, en wenke gegee oor hoe om jou oor skoon te maak. Moenie die was dieper indruk met oorstokkkies, ens. nie. Maak net die buitedeel van die oor skoon.