Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: U Engelbrecht
Datum: 19 Mei 2016
Anneke Louwrens, die eienaar van Creative creations for the Creator en Zelda Nolte, ’n crafter, wat veral lief is vir laslapwerk, is die sprekers. Zelda maak vroueklere op bestelling. Sy wys aan die hand van ’n winkelpop hoe verskillende kledingstukke gekombineer kan word om verskeie uitrustings saam te stel. Sy gebruik graag ou geborduurde lappe en antieke kant in haar skeppings.
Zelda Nolte het al baie soorte crafts beproef, maar het by laslapwerk vasgesteek. Sy het o.a. by Ilse Keyter en Antoinette Greyling klas geloop. Tans is sy lid van die Boland-gilde. Sy wys talle voorbeelde van haar laslapkuns, wat tegnieke soos dollaslapwerk, English paper piecing, Japannese folding, 9-patch, colour wash en meer vertoon.
LNR Anneke Louwrens, Hetta van der Merwe (Voors.), Zelda Nolte, Christina Kuiler (Saamroeper)
Leave A Comment