Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Beriggewer: Margaret van der Mescht
Datum: 19 Mei 2016
Op die 10de Mei het ons tak `n damestee aangebied, waar nie net ons lede nie, maar ook vroue uit die gemeenskap genooi is. Aangesien ons projek vanjaar herwinning is, was die tema weerspieël in die tafeldekor.
Konfytflessies word vir waterhouers gebruik
Vir tafelversiering is blikke, bottels en tydskrifte gebruik
Geskenksakkies
Die herwinningstema word weerspieël in die kaartjie
Ons gasspreker was Melinda Labuschagne, Operateur en Inligtingsbestuurder by die Nelson Mandelabaai Munisipaliteit se Afvalverwyderings Afdeling.
Margaret en Melinda Labuschagne
Die wêreldbevolking het in 40 jaar verdubbel en dit plaas groot druk op die landbou en waterbronne. Ons word aangemoedig om ons afval te “reduce, re-use en recycle”.
Ons kan papier, plastiek, glas, metaalblikkies en organiese kos herwin. Plastiese bottels word gebruik om onder meer klere te maak. “Love Earth” is ‘n plastiekdoppie projek wat die doppies gebruik om banke en loopplanke te maak. Elektroniese afval soos rekenaars, selfone en radio`s kan ook herwin word.
Elke gas se plek aan tafel
Geheelbeeld van tafel
Die gaste
Daar was ook `n beeldhou uitstalling van Dr. Nic Grobler. Sy beelde het almal `n boodskap van hoop. Dit is sy passie om deur middel van beeldhou met `n boodskap die oorwinning van Christus oor die dood en sonde te beklemtoon.
Margaret en Dr. Nic Grobler by een van sy beeldhouwerke
Dit was `n baie aangename en leersame oggend vir almal wat teenwoordig was.
Vinnige feite:
- Hoeveel water word benodig om die volgende te produseer:
Tamatie = 13 liter Appel = 70 liter
Koppie koffie = 140 liter Hamburger = 2 400 liter
- In 2013 is 2 miljoen ton se elektroniese afval gegenereer en net 300 000 ton is herwin.
- Afval wat nie herwin word nie, soos bv plastiek, beland o.a in die see en word vir kos deur seevoëls aangesien en vir hul kuikens gevoer.
Elmine Kruger is die wenner van die gehekelde kombers
Leave A Comment