Sirkel: Middelland

Tak: Alexandria

Protefeule: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Dina Erasmus

Datum: 19/05/2016

 

 

3

Rienie, Cheral, Dina, Amanda en Rina – Kunste & Handvlyt portefeulje

 

Daar het die afgelope tyd groot bome in die bos van die Afrikaanse letterkunde geval.  Alexandria-tak hou `n huldeblyk vir van die skrywers.  `n Uitstalling van hul werke en koerantuitknipsels is vir die lede aangebied.  Stukkies van T.T. Cloete, Chris Barnard, Andre Brink, Hennie Aucamp, Leon Rosseau word voorgelees.  Randall Wicomb wat met sy vertolking van ons poësie in volksharte gekruip het, byvoorbeeld  sy Griekwa Psalms van Hans du Plessis, word gespeel. Boekmerke van T T Cloete se gedig, “Dikbek” word uitgedeel.

 

1

Boek- en nuusuitstalling van afgestorwe skrywers

 

Die skrywers van die jaar 2016 is aan die lede voorgehou;   Daniel Hugo se betrokkenheid by die Uitsaaiwese en sy digwerk, John Grisham vir sy misdaadverhale, Sonja Loots vir haar historiese roman Sirkusboere.

 

Toe neem die kreatiwiteit oor.  Cheral Crawford van Cannon Rocks wat enige kunsvorm be-oefen, het vir ons geleer om “quilling” (paper filigree) te doen.  Volgens haar kan dit `n verslawende kuns word.  Dit was vir meeste van ons `n eerste en verseker baie leersaam.

 

2

Quiling (paper filigree) voorbeelde en benodigdhede