Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Erika Kotzé

Datum: 19 Mei 2016

 

Nieuwoudtville VLV se Leefstylportefeulje het op 19 Mei 2016 in die kerksaal ‘n vergadering gehou om lede bekend te stel aan die Konferensie kompetisie-items.

 

IMG_5903

 

Daar is praktiese wenke, ‘n uitstalling en demonstrasies gelewer om lede bloot te stel en te verduidelik dat dit nie so moeilik is nie. Tydens elke item is die vereistes, groottes, lengtes, aanbieding en beperkinge ook deurgegee sodat daar nie artikels gemaak word wat nie aan die kompetisievereistes voldoen nie.

 

Irma van Niekerk het baie moeite gedoen met foto’s, ‘n video en ‘n bespreking van elke item. Daar is Hardangerwerk, speelkombers vir ‘n peuter, langbeensokkies vir ‘n tiener, Mandala ronde kussing, weefmat, kloskant-boekmerk asook die fyn teevoorskoot aan die lede getoon.

IMG_5932

 

Annemarie Coetzee en Nonnie van Vredendal het klaargemaakte items, asook kooktegnieke gedemonstreer. Daar is skilferkors, soetsuurdeegbrood, sitrusstroop, ‘Cake Pops’, mikrogolf ‘Red Velvet cupcakes’ asook drinkjogurt vertoon en die vloeibare toiletseep is bespreek. Veral die pragtige fyn versierde ‘Cake Pops’ het lede se aandag getrek.

IMG_5959

IMG_5912

 

Die lede het ook deelgeneem aan die volgende takkompetisies: ‘n Foto met die onderwerp “vriende verewig”, blommerangskik met die tema “min is genoeg”.  Koffielikeur is gebottel. Die masjienwerkartikel was ‘n skoensak vir jou tas wat mooi versier is en die handwerk was ‘n oorspronklike kershouer van enige iets gemaak. Die snoepery was nougat en die gebak ‘n skilferkors uitdaging.

 

Items moet ten minste 71% behaal op takvlak om na die Konferensie te gaan om sodoende hoë standaarde te handhaaf. Kompetisies op takvlak is die ideale platform om te oefen en positiewe en opbouende terugvoer te kry en lede te ontwikkel.