Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum: 18 Mei 2016
‘n Heerlike bederf-oggend, waar ons gaan regruk met flair:
Irene Labuschagne vertel ons hoe om sjokolade as versiersel te gebruik.
- Sjokolade Ganache:
Jy kan dit spuit, smeer, ens. In rolkoeke sit en ook kleinkoekies op mekaar vassit daarmee.
- Chocolate Moulding Icing:
Dit word uitgerol. Dit moet warm gemaak word om te spuit. As dit te styf is, spat dit nat, as dit te pap is, sit nog versiersuiker by. Dit MOET gesif word. Bêre dit in ‘n lugdigte houer.
- Marzipan:
Word gebruik om koeke mee oor te trek. Liquid Glucose kry jy by bakwinkels en apteke.
As jy sjokolade reg rondom ‘n koek wil sit, moet jy eers appelkooskonfyt of room rondom die koek smeer, sodat die sjokolade daaraan kan vasklou. Sit die botterpapier waarop die sjokolade gesmeer is om die koek en plak met kleeflint vas op die naat. Los dit om totdat dit heeltemal gestol is.
Sjokolade in verskillende vorme
As jy ‘n mooi patroontjie op die sjokolade wil maak, frommel die botterpapier voordat jy die sjokolade opsmeer en dit omsit.
As jy sjokoladekrulle wil maak, gebruik die aartappelskiller wat jy oor die sjokolade trek. Wees baie versigtig as jy wit sjokolade in jou mikrogolf smelt. Wit sjokolade smelt moeiliker as donker sjokolade.
Irene laat ons proe aan van die verskillende soorte versiersel.
Irene Labuschagne
Sinnie is die wenner van snaakste skoene.
Elke lid het ‘n brood gebring vir die sopkombuis en tydskrifte en sagte speelgoed vir die Barmhartigheidsprojek.
Brood vir die sopkombuis
Leave A Comment