Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 17 Mei 2016

 

Tydens ons Handvlytvergadering het die Sirkelsameroeper vir Kunste en Handvlyt, Elfrieda Auret, ons meer kom wysmaak omtrent die kuns van quilling.  Dit is een van ons handvlytkompetisies vir Konferensie 2017.

 

P1040160

Die aanbieder, Elfrieda Auret

 

Sy het die vereistes vir die artikel uiteengesit en d.m.v. ‘n Youtube-video gewys hoe om verskillende vorms met jou vingers te manipuleer. Sy het ons entoesiasties gemaak om hierdie kunsvorm onder die knie te kry en aan die kompetisie deel te neem.

 

P1040159

Die Sameroeper, Martie Beneke, se pragtig-versierde teetafel