Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje: Leefstyl

Tema: Blommekuns

Aanbieder: Marthie Grobler

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  17 Mei 2016

 

toeka - Copy

Ou telefoon en naaimasjien in die uitstalling van Toeka tot Nou

 

Vryburg VLV het meer geleer oor die geheime van blommekuns by ‘n vergadering.  Marthie Grobler laat alles so maklik lyk. Eerstens het sy benodigdhede bekend gestel en die basiese beginsels van rangskikkings beklemtoon. Oases moet in water geweek en nie slegs natgemaak word nie.

 

Sy het ‘n rangskikking met net twee blomme gemaak en die beginsels van ontwerp, nl. skaal en proporsie, dominansie, balans en ritme beklemtoon. Gebruik slegs plantmateriaal en loof moet liefs gewas en skoongemaak word. Loof is gebruik om hoogte en diepte te verkry. Swaar of donker materiaal word laer in die rangskikking gebruik. Groepering van plante verskaf balans. Sy demonstreer hoe blare bedraad en gevleg kan word om die moeilikheidsgraad te verhoog. Mos word in kookwater geweek om die oase te bedek.

 

Marthie Grobler - Copy

Marthie by haar rangskikking met net twee blomme

 

Tersia Grobler (Sirkelpresident) oorhandig sertifikate van die Konferensie aan Erika Byleveld (2e lekkers); Ora Jordaan (2e brei- en hekelwerk); Marthie Grobler (1e blomme gevorderd); Esta Twigge (1e masjienwerk beginners en 2e blomme beginners); Marietjie Steyn (1e handvlyt, 1e borduur beginners, 3e masjienwerk, 3e dollaslap, 3e gebak)

 

Eurika Ora Tersia Esta Marthie - Copy

Eurika Byeleveld, Ora Jordaan, Tersia Grobler (Sirkelpresident), Esta Twigge en Marthie Grobler ontvang hul sertifikate

Steyn M

Marietjie Steyn