Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Alta Britz

Datum: 12 Mei 2016

 

Cecile Barnard, spysenier van Kleinplasie restaurant, gee maklike en interessante wenke om bak en brou vir die oog mooi te maak! Sy teken met ‘n plastiese tamatiesousbottel, gevul met gesmelte sjokolade, prentjies wat as versiering gebruik kan word.  Die orige sjokolade kan in die bottel in die yskas gebêre word. Dit kan net weer vir ‘n volgende keer se gebruik in die mikrogolfoond warm gemaak word.  Sy demonstreer verder die maak van suikerdrade en garnering met blaardeeg en groente. Sy wys ook hoe om “sushi” broodjies te maak deur ‘n  sny brood, waarvan die korsies afgesny is,  met ‘n vulsel van bv. ham en kaas, op te  rol en dan  in “sushi” rolletjies te sny.

20160512_152319

Cecile Barnard

 

Helene de Wet, lid van die tak en eienaar van Uitvlugt gastehuis demonstreer die gebruik van filodeeg. Sy maak filodeegbondeltjies, bakkies en selfs klappers vir die kersete se nagereg.

IMG_0865

Helene de Wet

 

Alta Britz, lid van die tak, demonstreer die maak van “crazy patch”.

IMG_0867

Alta Britz

 

Vier trofeë is by die jaarlikse konferensie aan die tak toegeken.  Die trofeë is by die vergadering aan die lede wat aan kompetisies deelgeneem het, oorhandig. Jacoba du Plessis – Breiwerk; Magriet van der Merwe – Kuns; Nellie Crafford – Kuns en Alta Britz – Naaldwerk, Kuns en Gebak.

 

20160512_124138

Marktafel