Sirkel: Tygerberg
Beriggewer: Antoinette le Roux
Datum: 6 Mei 2016
Op Vrydag, 6 Mei, het Sirkel Tygerberg weer ‘n Pik-en-Proe gehou om fondse in te samel.
Elk van die 12 takke het ‘n land se naam getrek.
Nege hoofgeregte en 3 nageregte is in kleiner Pik-porsies aangebied. Die geregte moes eie aan die land wees en so ook die versierings. Gaste koop ‘n kaartjie met die landsvlae op wat dan gemerk word as die porsie geneem is.
Kyk gerus na die foto’s om die feestelikheid te geniet.
Marokko deur Panorama-tak
Mexiko deur Welgemoed
Indonesië deur Parow
Oostenryk deur Bottelary
Japan deur Kuilsrivier
Rusland deur Goodwood
By ‘n lekker kuieraand het die gaste en die stalletjiehouers hulle terdeë geniet.
Leave A Comment