Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 6 Mei 2016

 

Sirkel Tygerberg het weer, soos verlede jaar, ‘n baie suksesvolle Pik en Proe-geleentheid aangebied.  ‘n Happie van ‘n gereg van verskeie lande was te proe by elke tak se interessant-versierde tafel.

 

Goodwood moes ‘n nagereg uit Rusland aanbied, en die truffels was ‘n wenner!  Menige lede het teruggekom vir ‘n tweede happie.

 

074

Enola Venter en Wenda Preuss (Voorsitter) met Rusland in die agtergrond

 

064

Martie Beneke, Enola Venter en Mara Binnedel by ons wentruffels