Sirkel: Weskus

Tak: Moorreesburg

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Martelize Britz

Datum: 4 Mei 2016

 

Isabel Matthee het vir die dames ‘n Moedersdagboodskap gebring en Christian Bester (Laerskool Dirkie Uys) het almal vermaak deur ‘n voordrag van die gedig wat hy met die Eistedfodd gelewer het.

 

4 Mei Christian Bester (klein)

Christian Bester

 

Estelle du Plessis (Sirkelpresident) en oudlid van Moorreesburg het ook kom kuier.  Sy het die dames herinner aan wat van ‘n lid verwag word, bv. vergaderings gereeld by te woon, ledegeld te betaal, lojaal te wees, deel te neem aan die verrigtinge, die doelstellings van die Vereniging uit te leef en positief te wees oor die VLV!

 

Alma Boshoff het ‘n vasvra gehou oor outydse speletjies alvorens die spreker, Henriette Kotze, aan die woord gestel is.  Sy is ‘n boervrou wat die Willem Loog Plaasmuseum op hul plaas, Vleitjies, bedryf.

 

4 Mei, Alma Boshoff

Alma Boshoff

4 Mei Museum

Sy het vertel dat dit haar pa was wat haar belangstelling in oudhede geprikkel het.  As kind het sy saam met hom interessante voorwerpe opgetel en hy het vir haar die funksie daarvan verduidelik.  Sy het die dames vertel van S.A. se eerste moordenares, Anna Rabie. Sy’t ook vertel van die Trilobiet, ‘n uitgestorwe seediertjie, wat sowat  560 miljoen jaar gelede op die vlak seebodem geleef het.

 

Henriette het baie voorwerpe saamgebring om te wys, o.a. klipwerktuie wat die 3 tydperke gewys het, nl. die vroeë, die middel, en die laat steentydperk.  Sy het ook ‘n tipe haakwapen gewys wat in die Anglo Boere Oorlog teen die Boere gebruik is.

 

Dit was baie interessant om so in die geskiedenis terug te stap en te sien wat voorheen in gebruik was.

 

4 Mei Denise Bester(voorsitster), Henriette Kotze, Estelle du Plessis (Sirkel president)

Denise Bester (Voorsitter), Henriëtte Kotze, Estelle du Plessis (Sirkelpresident)