Sirkel:  Paarl

Tak: Slot-van-die-Paarl

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 3 Mei 2016

 

IMG_3184

Nettie Marais, Salome du Toit en Leoné Hugo

 

Met die aanbreek van die mooi Herfsseisoen, is Slot se dames verryk met ‘n potpourri-vergadering wat Opvoeding, Naaldwerk en Kunste & Handvlyt gedek het.

 

IMG_3185 - Copy

Annerine de Waal het ondanks ‘n gebreekte vinger, gedemonstreer hoe om van ‘n ou langmoutrui/T-hemp  ‘n mussie (uit die lyfdeel) en “legwarmers” (van die twee moue) te maak.

 

IMG_3188 - Copy

Bokka Wagenaar en Alice Swanepoel luister aandagtig na Hubert Loubser wat gepraat het oor rekenaargeletterdheid uit ‘n ander hoek.

 

Hubert Loubser het in sy praatjie oor sosiale media vandag gevra dat verantwoordelike ouer- en grootouerskap toegepas moet word deur die beginsels van goeie kommunikasie, wat ons self ook moet toepas, aan ons kinders en kleinkinders voorgehou moet word nl. bedagsaamheid, respek vir ander, eerlikheid, verantwoordelikheid, wellewendheid en beskerming van ander se privaatheid. Toets jou eie aksies gedurig teen hierdie beginsels.

 

Ons almal moet die hedendaagse tegnologie baie versigtig en oordeelkundig gebruik. As jy die knoppie gedruk het, is jou woorde of foto vir ewig daar! Kennis is vandag met die druk van ‘n knoppie dadelik beskikbaar. Skei die koring van die kaf. Sorg altyd vir ‘n “virus protector” en wanneer jy inligting aanstuur na vriende, gebruik bcc (Blind copy) i.p.v. cc sodat ander nie jou lys van e-posadresse kan kry nie. Moenie goed aanstuur wat ander in verleentheid mag stel nie. Plaas jouself in hulle vel.

 

‘n Nuwe lid, Marizanne Lombard, is ingespan om ons ‘n kykie in haar lewe te gee; “ken ‘n nuwe lid”. Sy het al ‘n hele leeftyd se leef ingepas. Sy het al talle bergspitse bereik en 10 Camino’s gestap. Sy gaan weer in September help op die Spaanse roete.  Sy deel hulle pad van hartseer, smart, opstaan, aanvaarding en aanbeweeg na die afsterf van hulle seuntjie wat op 4 met kanker gediagnoseer is. Hulle het onder andere, saam met hulle ander kinders, ‘n kapel op hulle plaas gebou as ‘n herinnering aan hulle seuntjie en boetie wat gesterf het.

 

Alice Swanepoel demonstreer verskeie tegnieke waarmee sy tarn-serpies maak. Sy stal ook van die klaar serpies uit.

IMG_3189 - Copy

Alice Swanepoel

 

Nog ‘n vergadering/leersessie het gekom en gegaan. Sekere VLV-vriendinne loop jy net raak tydens ‘n vergadering, maar a.g.v. die beplande “sjerrie-sop-sjok”-fondsinsameling aan die einde van Mei, gaan ons mekaar gouer weer sien!! Uit die oog, maar nie uit die hart nie!!