Tak: Victoria-Wes
Sirkel: Noord-Karoo
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 29 April 2016
Ten spyte van ’n effense winderigheid, het beskikbare VLV-lede en ander dames uit die gemeenskap aan die WBPV se Women Walk The World deelgeneem. ‘n Paar inwoners van Huis Frieda Kempen het dit ook meegemaak.
Die groepie wat aan die Women Walk The World deelgeneem het
Twee vierpotige “manne” het ook hul vroulike kant gewys deur die stap te ondersteun; nogal met pienk strikkies om die nek.
Christa en Susan met hul “manne” wat saam gestap het
Na afloop van die stap het die stappers saam met die inwoners van Huis Frieda Kempen tee en botterbroodjies geniet.
Teedrink saam met inwoners van die ouetehuis
Leave A Comment