Sirkel:Cradock

Tak: Hofmeyr

Beriggewer: Teresa Opperman

Datum:  29 April 2016

 

Die Wêreldbond van Plattelandse Vroue het aan elke VLV-tak die uitdaging gestel om saam met hulle te stap op die 29ste April 2016.  Hofmeyr se VLV-tak het die uitdaging aanvaar. Takvoorsitter, Dadda de Jager, het ‘n aantal lede bymekaargemaak, maar die stappery het toe ook sommer ‘n projek geword.

 

Die vroue het elkeen handskoene aangetrek, swart sakke gevat,  en die dorpstrate en parke skoongemaak.  Alle vullis is opgetel en verbrand.  Elmien Downey het ook ‘n klomp kolwyntjies gebak en versier,  en soos die dames hul roete gestap het, het elke besigheidseienaar en senior burger ‘n kolwyntjie gekry.  Daar is mos ook nou heelwat lede wat in die distrik woon,  en vêr sou moes ry om in die dorp te kom stap.  Plaasvroue het toe hul staproetes gestap saam met die vroue wat in hul omgewing woonagtig is.

 

Women walk the world1

Estelle Kruger (Taksekretaresse), Dadda de Jager (Takvoorsitter),  Gloria (die eienaar van ‘n modewinkel op Hofmeyr) , Rosalie Manley en Nadia Bosch

 

women walk the world2

LNR voor: Emmarentia Roux, Dadda de Jager,  Mariska & Louisa Traut

Agter:  Nadia Bosch, Elmien Roux, Estelle Kruger en Rosalie Manley (fotograaf)

 

Women walk the world

Elmien Downey (die kolwyntjiebakster) saam met die eienaar van die Chinese winkel op Hofmeyr en haar seuntjie van 18 mnde, Dadda de Jager, Estelle Kruger