Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 30 April 2016

 

Ons het Saterdag, 30 April 2016, weer die Woman walk the World teen die strand by Dwarskersbos gehad.

 

Ons het lekker kosstalletjies, pannekoek, poeding , koffie/tee en koek gehad vir die stappers en gaste wat net wou kuier.

IMG_9945

 

Pannekoek, poeding, kerrie en rys

IMG_9951

Gaste kuier lekker by stalletjies

IMG_9954

Koek en tee kuier

 

Stappers het vanaf die Slimkoppie Akademie strandlangs gestap, gesels, skulpe opgetel en die honde laat swem.

 

Dit het ‘n warm dag uitgedraai en almal het dit baie geniet.

IMG_9943

Na die koue mis, skyn die son heerlik