Sirkel: Tygerberg
Beriggewer: Antoinette le Roux
Datum: 28 April 2016
Op Donderdag, 28 April, het Sirkel Tygerberg se lede by Joostenberg Konferensiesentrum, naby Stellenbosch, gaan stap.
Die pragtige, goed versorgde tuine was ‘n lus vir die oog. Op dieselfde perseel is ook Duncan’s Roses waar almal hulle verstom het aan die pragtige rose wat steeds blom.
Joostenberg se pragtige tuine
‘n Sirkelroete is uitgemerk en vir elke voltooide sirkel het jy een kol verdien. Reeds vroeg het die fikses die voortou geneem en kolle versamel.
Die vroeë voorlopers
Die wenner met die meeste rondtes is beloon met ‘n pragtige VLV-roos.
Die prysroos
Elaine Duvenage, die wenner, met Emmie le Roux kort op haar hakke
Wat is beter as tee en eetgoed na ‘n verfrissende stap in die vars lug!
Tee en eetgoed is op pad vir die vermoeides
Leave A Comment