Sirkel: SWD

Tak:  Voëlvlei

Studierigting:  Landbou & Tuinbou

Beriggewer:  Elize Locke

Datum:  26 April 2016

 

32 Dames, in ‘n konvooi van 9 motors, spring douvoordag weg vir ‘n dag vol leersame aktiwiteite in die Riversdal omgewing.  Ons eerste besoekpunt  was Muiskraal Olyfplaas in die Garciapas waar mnr Chamberlain ons vertel van die werksaamhede op hul plaas.  Hul bottel olyfolie al vir die afgelope 9 jaar.  Gelukkig was daar baie olyfprodukte te koop in hul winkel.

 

733

 

Daarna was dit voorwaarts mars na die Onverwacht Blomplaas waar ons eers heerlik gekuier en gesmul het aan piekniekkos.  Toe al die dames se honger gestil is vertel Pierre Vermaak ons van die geskiedenis van sy plaas en die verbouing van proteas en fynbos vir die uitvoermark.  Hy het 50 werknemers permanent in sy diens.  Al die blomme in die rangskikking op die foto is van sy plaas.

 

747

 

750

 

Na ‘n lekker kuier en rondstap tussen die werkers in die pakstoor, vertrek ons na Kasselshoop naby Stilbaai.  Daar het ons die geleentheid gekry om na ‘n kort video te kyk oor die kaasmaakproses en ook die geskiedenis van Kasselshoop.  Mnr Kasselman, eienaar van Kasselshoop, vertel ons van die interessante geure in sy kaas, soos brandnetels, peper, rissies en uie.  Hy lei ook die kaas en wynproe.

 

766

 

Na ‘n leersame dag, val ons weer in die pad terug na ons tuistes, volleerd en vol wyn!