Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 23 April 2016
Women Walk The World.
Esta Twigge, Voorsitter van Vryburg VLV, en Enit Swanepoel, inwoner van Rusoord
Op ‘n heerlike herfsoggend in April het lede van Vryburg se VLV die geleentheid gehad om saam met vroue oor die wêreld heen, ‘n staptog te onderneem saam met die inwoners van Rusoord en lede van die publiek. Oud en jonk het saam gestap, Ouma met die tweeling in hul waentjie en tieners wat help rolstoele stoot.
Inwoners en lede van Vryburg wat die staptog meegemaak het
Inwoners en vrywilligers het saam gestap
Elkeen het water gekry om die dors te les en daar is heerlik gesels om die pad korter te maak. Die inwoners het die uitstappie in die vars oggendlug terdeë geniet en almal hoop om volgende jaar weer so te maak.
Simon (van Mack’s Petroleum) en Arine Bosch (lid van Vryburg) het die water geborg
Leave A Comment