Sirkel: Tygerberg

Beriggewer: Antoinette le Roux

Datum: 23 April 2016

 

In drie opeenvolgende Saterdae het Sirkel Tygerberg se lede entoesiasties die inligtingsdae wat vir hulle gereël is, bygewoon.

 

Eerste op 2 April was Naaldwerk:

Charlotte Keen het gedemonstreer hoe Kloskant gemaak word nadat ‘n hele paar dames aangedui het dat hulle ‘n kursus daarin wil meemaak. Daarna is kennis en vaardigheid in borduurwerk gedeel met die dames wat aan die kompetisies wil deelneem. Hekel- en brei-artikels is ook bespreek aan die hand van voorbeelde.

 

No 1 Hardangerwerk_1_1_1

Hardangerwerk

No 2 Hoe die hak gebrei word_2_1_1

Hoe die hak gebrei word

 

Toe was dit Kunste en Handvlyt se Kyk-en-Leer op die 16de April:

Die onderskeie afdelings, nl. Fotografie, die gebruike vanTokreen en hoe Quilling gedoen word, is gedemonstreer.

 

No 3 Voorbeelde van wat gedoen kan word met Tokreen._3_1_1

Voorbeeld van wat gedoen kan word met Tokreen

No 4 Vooreeld van Tokreen_4_1_1

Nog Tokreen voorbeelde

geur

Voorbeeld van ‘n geurbal vasgehou deur v.l.n.r.  Sophie Mundey, Babie Collins, Marie Brundyn en Truda Swart

 

Laastens, op 23 April, was dit toe Loer-en-Proe:

Die sameroeper het al die eetgoed gemaak en dit toe bespreek. Almal kon proe en self besluit.

 

No 6 Olyf Ciabatta_6_1_1

Olyf Ciabatta

No 7a Pak die skywe versigtig sodat hulle nie breek nie en aantreklik lyk_7_1_1

Pak die skywe versigtig sodat hulle nie breek nie

No 8 Hawermoutblokkies in die mikrogolf._9_1_1

Hawermoutblokkies

 

Tygerberg se lede is nou sommer gretig om aan die werk te spring.