Sirkel: Griekwaland Wes en Kimberley & Distrik

Beriggewer: Liezel Botha

Datum: 22 April 2016

 

Die jaarlikse Inligtingseminaar het op Vrydag, 22 April 2016, by die NJ Heyns Skool te Kimberley, se lapa plaasgevind. Twee sirkels, naamlik Griekwaland-Wes en Kimberley & Distrik het meegedoen aan dié vergadering.

 

Die lede wat die seminaar bygewoon het, het blou aangetrek om die bewusmaking van breinvliesontsteking te bevorder.

20160422_112712

 

Die VLVK-kompetisies is bespreek en daar is ook nuttige inligting gegee oor die metodes, asook die moets en moenies ten opsigte van die artikels.