Sirkel: Suid-Karoo

Tak: Williston

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Guillaume Boltman

Datum: 21 April 2016

 

Op ‘n koel herfsdag bied mev. Somae van Wyk haar Landbouvergadering in die groot sinkskuur van die Landbougenootskap aan.

 

‘n Mosie van rou word gehou vir Klippie Theron en Dirk Theron, eggenotes van twee lede van Williston-tak, asook vir Elmarie Naude se vader.

 

Mev. Gussie Albertyn ontvang haar kenteken as ‘n nuwe lid.

 

Mnr. Johannes van Zyl  kom deel sy ervaring van uiesaadboerdery met die lede. Die voordele van hierdie boerdery is die volgende:

  1. rypvry
  2. goeie kontantvloei
  3. bolle is maklik hanteerbaar
  4. benodig nie baie arbeid nie

Nadele:

  1. arbeidtyd is tussen 15 Desember en Januarie
  2. moenie reën kry naby oestyd nie
  3. moet wisselbou toepas
  4. ontkieming mag nie minder as 85% wees nie

 

IMG-20160429-WA0002

 

Groot gepoleerde horings van skaap, bees en koedoe, met verskillende blaastone, word deur mnr. Gertjie Mans gedemonstreer.  Sy verskillende tipes boerdery van voëls (love birds), koivisse, kweek van verskillende struike en vrugtebome lok baie vrae uit.

 

Pekanneutbome neem 10 jaar voor jy ‘n behoorlike oes het en hierdie bome is tweeslagtig. Dit is dan ook beter om ‘n ander soort Pekanneutboom te plant, so ongeveer 3 weke later, want as dit reën, was die stuifmeel af en maak die boom nie weer stuifmeel nie.

 

Pekanneute moet 2 maande in ‘n nat sak lê, anders loop dit nie uit nie. Hierdie neute kan jy in ‘n stoor berg, want geen insek of kalander val dit aan nie. Pekanneutbome kan tot 400 jaar oud word.

 

Mnr. Gertjie Mans laat die lede ook van sy granaatsap, wat hy self pers, proe.