Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Naaldwerk

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 21 April 2016

 

Ek moet sê nadat Annette ons van al haar bedrywighede kom vertel en wys het vandag van kwiltwerk en laslappies , kyk ek 4 keer met ander oë na al die patrone en stiksels. Mense dit was ‘n belewenis om te sien wat hierdie vrou alles al gemaak het. Die dae van een vir een met ‘n plaatjie die stukkies lap aanmekaar werk met die hand is vergete. Deesdae word dit met die masjien gedoen . Strookwerk is van die maklikste om mee te begin.

 

Die beste van kwiltwerk is dat die produkte van geslag tot geslag gaan. Dit is “never ending”. ‘n Kwilt mag jou dalk meer kos om self te maak, maar die satisfaksie en vreugde is prysloos. Elke kwilt vertel sy eie storie. Maak een vir ‘n dogter of ‘n kleinkind se geboorte of doop. Dalk vir ouma wat aftree.

 

1

 

Dames uitgedos vir Monica se 70ste by die vergadering. Viodie Malan, Edith Hofmeyer, Ezla Ritter, Dalene Leipoldt en Andre Thiart

 

vlv 4.5 groot

Net ‘n vinnige paar wenke:

  • sit flennie agter ‘n speelkombers vir babas of winterlaken
  • ‘n kwilt het altyd ‘n agterkant
  • bamboes en katoen “batting”is swaar , gebruik liewer nutec (wat weer baie dun is)
  • wol in die binnekant is lig en warmer

vlv4.3 monica

Ansie Louw, Monica Geldenhuys(70), Anette (spreker), Beppie Altintopi en Emmie Malan

 

Hierdie is beslis ‘n tydverdryf wat menigte se harte sal verbly.